Holly Country | |
---|---|
Koördinate: 26°55′55″S 27°55′02″O / 26.93194°S 27.91722°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Fezile Dabi |
Munisipaliteit | Metsimaholo |
Stigting | 1889 |
Oppervlak | |
• Totaal | 1,39 km2 (0,54 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 586 |
• Digtheid | 422/km2 (1 090/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 75.8% |
• Indiërs/Asiërs | 2.2% |
• Swart mense | 21.5% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 64.5% |
• Engels | 10.5% |
• Sotho | 6.6% |
• Noord-Sotho | 3.4% |
• Ander | 15.0% |
Poskode (strate) | 1946 |
Skakelkode | 016 |
Holly Country, tot 1996 bekend as die Coalbrookmyndorp,[2] is 'n dorp in die verre noorde van die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die nedersetting, geleë sowat 5 km van Sasolburg, is 'n voormalige steenkoolmyn en is waarskynlik oorspronklik genoem na Coalbrookdale in Engeland. Dit was die toneel van die Coalbrookmynramp op 21 Januarie 1960 toe 435 werkers lewend begrawe is toe die myn in duie gestort het.[3]
Richard Hse, 'n Taiwanese sakeman, het die ou myndorpie uitgekoop in Oktober 1996. Hy het dit herdoop en die plek omskep in 'n hele aantal fabrieke insluitend klere-, skoene-, stoof-, hout- en papierfabrieke en 'n gholfbaan.[2]